Huiswerk: slim maniere om jou kind te help
Haal die angel uit huiswerk met hierdie praktiese wenke wat jou kind se breinfunksie, ontwikkelingsvlak en behoefte aan positiewe versterking in ag neem. ‘n Kundige gee raad oor wanneer en hoe om pouses in te bou en wat om te doen as huiswerk te veel raak . Loer veral na die pret wat julle met spelling kan hê!
Is jou kind ADHD of begaafd?
Met aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteit is ons almal bekend, maar nie met begaafdheid nie. Gesinsberader en “transformational parenting coach” Mia von Scha skets die eienskappe van begaafdes, watter toestande of kwessies met ADHD verwar kan word, die voor- en nadele van “giftedness” en hoe om hierdie kinders te hanteer. Daarby het begaafde kinders meermale begaafde ouers!
Kan jy jou kind empatie leer?
Wat is empatie? Hoe verskil dit van simpatie? Wanneer is ouers skuldig aan “niebekragtiging”? Is daar mense wat nie empatie kan ervaar of toon nie? Dr. Ronél le Roux, emosionele intelligensiespesialis en terapeut, gee raad oor empatie in aksie en hoe om jou kind hierin te begelei.
Meestal moeg? Só skep jy gesonde grense
Voel dit soms of jy net gee en gee? Die begrippe “other-centeredness” en “adult child” is dalk op jou van toepassing. Dié insigte en selfsorgwenke kan uitbranding voorkom.
Is jy bloot sensitief, of ‘n “empath”?
Gooi die mense om jou se fisieke of emosionele swaarkry jou van balans? Put groepe jou uit? Ooreet jy om emosionele stres hok te slaan? Lees ‘n Amerikaanse psigiater se siening oor empate se besonderse eienskappe en haar wenke rakende hul uitdagings, verhouding met kos, en romantiese verbintenisse.
Hanteer kommunikasie en konflik só vir ‘n beter verhouding
As ons weet hoe om verstaanbaar te kommunikeer, rusies te voorkom en meningsverskille uit te sorteer, versterk dit die liefdesband. Maar hoe doen ons dit? Opvoedkundige sielkundige Anys Rossouw gee raad oor sake soos goeie tydsberekening, die waarde van humor, en die vermoë om jou emosies, behoeftes en verwagtings doeltreffend uit te druk.
Verstaan die sterwensproses: 13 dinge wat jy dalk nie weet nie
Min mense sterf tuis en ons weet nie noodwendig hoe dit gebeur nie. Was jy al by in die tyd kort voor iemand se dood? Watter fisieke veranderinge vind plaas, hoe lank duur die proses, en wat kan jy te wagte wees?
Hoe benader ons transgender kinders en volwassenes met empatie?
Die transgenderkwessie is vir baie ouers, familielede en groepe soos geloofskringe ‘n angswekkende onderwerp. Dr. Elna Rudolph, seksuoloog, praat oor wat dit behels, transmense van alle ouderdomme (miskien iemand ná aan jou!) se uitdagings, en waar om hulp te kry of hoe om steun te bied.
Hulp vir ouers wat uitvind hul kind is gay
Ouers wat hoor hul kind is lesbies of gay, bevind hulle baie keer op ontstellende, onbekende terrein. Dr. Marietjie van Loggerenberg praat oor hierdie kinders se ervaring, wroeging en moontlike depressie of geloofsworsteling. Haar insigte kan ouers help om deernis te hê - met hulself én met hul kind.
Eerlikheid in julle verhouding: hoe kry paartjies dit reg?
Min verhoudingsmaats kan sê hulle praat altyd die waarheid, verswyg niks, en systap “wit leuentjies”. Voorligtingsielkundige Ronelle Hart lig die sluier oor grondige redes vir stilswye of leuens. Dit neem twee mense om ‘n ruimte te skep waar die waarheid welkom is - weet jy én jou maat hoe?