Huiswerk: slim maniere om jou kind te help
Haal die angel uit huiswerk met hierdie praktiese wenke wat jou kind se breinfunksie, ontwikkelingsvlak en behoefte aan positiewe versterking in ag neem. ‘n Kundige gee raad oor wanneer en hoe om pouses in te bou en wat om te doen as huiswerk te veel raak . Loer veral na die pret wat julle met spelling kan hê!
Verstaan hoe jou tiener se brein gerat is
Hou jou tiener se impulsiewe optrede en gretigheid om nuwe dinge uit te toets - veral in ’n groep – jou snags wakker? Daar is ‘n wetenskaplike verklaring vir tieners se avontuurlus en oopheid. Lees hoe jy jou kind kan ondersteun.
Voel jou tiener eensaam?
Hoe omskryf ons eensaamheid en watter faktore kan daartoe lei? Moet jy bekommerd raak as jou kind knaend eenkant is? Wanneer moet jy ingryp, en hoe kan jy help? Sandy Lewis van Akeso Psigiatriese Klinieke gee raad.
Is jou kind ADHD of begaafd?
Met aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteit is ons almal bekend, maar nie met begaafdheid nie. Gesinsberader en “transformational parenting coach” Mia von Scha skets die eienskappe van begaafdes, watter toestande of kwessies met ADHD verwar kan word, die voor- en nadele van “giftedness” en hoe om hierdie kinders te hanteer. Daarby het begaafde kinders meermale begaafde ouers!
Hoe jy jou voorskoolse en laerskoolkinders tuis besig kan hou
Hoe kan jy jou kind se kreatiwiteit en vaardighede speel-speel ontwikkel? Opvoedkundige sielkundige Anys Rossouw gee wenke oor slim maniere om struktuur te skep en fisieke speletjies, fantasiespel, konstruktiewe spel en sosiale spel tot jou jong kind se voordeel in te span.
Kan jy jou kind empatie leer?
Wat is empatie? Hoe verskil dit van simpatie? Wanneer is ouers skuldig aan “niebekragtiging”? Is daar mense wat nie empatie kan ervaar of toon nie? Dr. Ronél le Roux, emosionele intelligensiespesialis en terapeut, gee raad oor empatie in aksie en hoe om jou kind hierin te begelei.
Is jou kind net moeilik, of is die oorsaak “Oppositional Defiant Disorder”?
Kinders wat ten alle koste hul sin moet kry – al doen ouers ook wát – het moontlik ODD, ‘n neuro-ontwikkelingsverwante toestand. Dr. Isaura Ribeiro, pediater van Pretoria, praat oor die oorsake, kenmerke, diagnose en behandeling.
Hoe om dit te verwerk dat my kind gay is
Wanneer ‘n kind erken sy is lesbies of hy is gay, kan ouers skok, ongeloof, woede, leed en skuldgevoelens ervaar. Boonop vrees hulle verwerping vir hulle én hul kind. Pastorale narratiewe terapeut dr. Marietjie van Loggerenberg gee raad oor kopskuiwe, hartskuiwe, en ‘n proses wat ouers stapsgewys help om homoseksualiteit te aanvaar.
Hulp vir ouers wat uitvind hul kind is gay
Ouers wat hoor hul kind is lesbies of gay, bevind hulle baie keer op ontstellende, onbekende terrein. Dr. Marietjie van Loggerenberg praat oor hierdie kinders se ervaring, wroeging en moontlike depressie of geloofsworsteling. Haar insigte kan ouers help om deernis te hê - met hulself én met hul kind.
Hoekom babas moet kruip en hoe om dit aan te moedig
Ja, dis belangrik dat jou kleinding hierdie mylpaal bereik! Ontwikkelingskenner dr. Melodie de Jager verduidelik hoe ons kruip definieer, wat die voordele daarvan is, en hoe dit ‘n baba se ontwikkeling kan raak as hy nie kruip voor hy loop nie.