Het nuuskierige kinders ‘n voorsprong?
Nuuskierigheid, ‘n honger na kennis, ‘n ondersoekende gees – die Engelse woord curiosity word moeilik vertaal. Tap jou kind se onophoudelike vrae soms jou energie? Lees waarom jy sy of haar weetlus moet aanvuur! Vind uit wat die 3 soorte nuuskierigheid en "produktiewe frustrasie" behels, en kry wenke om ‘n nuuskierige agie te help kweek.
Hoe om ouderdomsgepas met jou kind oor die dood te praat
Ons kan kinders nie weghou van die dood nie: hulle kom dit in rekenaarspeletjies en die media teë. Volwassenes is dalk ongemaklik met die onderwerp, maar sodra ‘n kind direk geraak word, het ons die regte woorde nodig. Alta Bence van die CHOC Childhood Cancer-stigting gee riglyne oor hoe om die dood te verduidelik, ons eie hartseer te deel, wanneer ‘n kind ‘n oorledene se liggaam moet sien, en hoe om ‘n kind met ‘n terminale siekte te begelei.
Afwesige pa’s en die heilsame invloed van mentors
Hoe gemaak met die groot persentasie kinders in ons land wat nie ‘n pa in die huis het nie? Jaco van Schalkwyk van The Character Company verduidelik wat dit verg om ‘n seun informeel of deur ‘n organisasie te mentor, hoekom positiewe manlike rolmodelle so nodig is, die vyf waardes wat mentorskap kan versterk, en hoe enkelma’s ondersteun kan word.
Huiswerk: slim maniere om jou kind te help
Haal die angel uit huiswerk met hierdie praktiese wenke wat jou kind se breinfunksie, ontwikkelingsvlak en behoefte aan positiewe versterking in ag neem. ‘n Kundige gee raad oor wanneer en hoe om pouses in te bou en wat om te doen as huiswerk te veel raak . Loer veral na die pret wat julle met spelling kan hê!
Hoe jy jou voorskoolse en laerskoolkinders tuis besig kan hou
Hoe kan jy jou kind se kreatiwiteit en vaardighede speel-speel ontwikkel? Opvoedkundige sielkundige Anys Rossouw gee wenke oor slim maniere om struktuur te skep en fisieke speletjies, fantasiespel, konstruktiewe spel en sosiale spel tot jou jong kind se voordeel in te span.