Riette Rust: liefde, selfdood, verantwoordelikheid en vergifnis
Is selfdood selfsugtig? Kan naasbestaandes voorkom dat iemand hul eie lewe neem? Riette Rust praat oor haar man, JD, se selfdood, die stigma wat aan selfdood kleef, die hoe en hoekoms, die rouproses - en dat dit moontlik is om weer op te staan en opreg gelukkig te wees.
As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Riette en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.
In episode 176 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, gesels skrywer, spreker en joernalis Riette Rust oor
haar jongste boek oor haar man, JD, se selfdood en wetenskaplike feite oor trauma en rou
groot uitdagings, insluitend ‘n pa met alkoholisme, ‘n onbeplande swangerskap en depressie
of die skryf van Die geskenk: Liefde, selfdood en dieper leef haar getraumatiseer het
die omvang van die selfdoodprobleem in Suid-Afrika
haar eerstehandse ervaring van die stigma wat aan selfdood kleef
taalgebruik wat dié stigma kan verminder
die hoe en hoekoms van selfdood, insluitend die effek van depressie, finansiële druk, werkverlies en die grensoorlog
JD se opehart-operasie, beroerte en afdanking
of selfdood naasbestaandes se “skuld” is
woede en verligting as normale reaksies op selfdood
of selfdood selfsugtig is
selfdood as ‘n “desperate en menslike reaksie op intense pyn, dikwels geestelike pyn”
of Riette JD moes vergewe omdat hy sy lewe geneem het
die verband tussen koesterende liefde en selfdood
die liefde wat Riette gevind het ná haar rouproses voltooi is, en sy tragiese dood
haar lewe as enkellopende en die moontlikheid van nuwe liefde.
In hierdie episode noem Riette SADAG, The South African Depression & Anxiety Group en Kevin Caruso van Suicide.org.
Rol af vir meer inligting oor Riette en haar boek ‘Die geskenk: Liefde, selfdood en dieper leef.’
Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele en fisieke gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!
Hier skryf Riette oor gogo-wees, ‘n skoon denklyn en ‘n treintjiekoek.
Die geskenk ̶ Liefde, selfdood en dieper leef deur Riette Rust (Tafelberg, 2024) is beskikbaar by Exclusive Books en ander goeie boekwinkels asook aanlyn by Takealot en Loot.
Meer oor Riette:
Riette Rust is ‘n skrywer, spreker, bekroonde vryskutjoernalis en boekresensent van Kaapstad. Sy het twee TV-draaiboeke geskryf, verskyn gereeld op TV en neem aan regstreekse radio-onderhoude deel. Sy is ’n lid van die SA Brandewyngilde, wat haar vir haar joernalistieke bydrae tot die brandewynbedryf vereer het.
Sy het onlangs Sielkunde 1 tot 3 deur Unisa gestudeer.
Die geskenk ̶ Liefde, selfdood en dieper leef is Riette se sesde boek.
E-posadres: rietterust06@gmail.com
Webwerf: https://www.rietterust.co.za/
Facebook: Riette Rust
Weet jy hoe om met ‘n kind oor die dood te praat? Hier is praktiese raad.
Here social worker Annette de la Porte honours her beloved husband, André, and shares how she has been coping with his suicide.
Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman
Hooffoto: Unsplash
Foto van Riette Rust: verskaf