Neuroterapie: opleiding vir jou brein

Brain Harmonics is ‘n vorm van EEG-bioterugvoer wat jou brein leer om die mees toepaslike breingolwe te vervaardig. Dit kan volwassenes én kinders help om ongewensde toestande te verlig, prestasie te verbeter, slegte gewoontes af te skud en lewensgehalte te verhoog. Hoe werk neuroterapie? Hoekom het ons dit nodig? Is dit veilig? Lize Maritz en Kerry Rudman beantwoord dié vrae.

Eeue lank was dit wat in ons koppe gebeur ‘n geheimenis. Nie meer nie! Navorsing en tegnologie gee ons nie net ‘n blik op wat in ons brein gebeur nie, maar ook hulpmiddels wat dit positief kan beïnvloed.

“Neuroterapie of EEG-bioterugvoer het in die vyftigs en sestigs ontstaan,” sê Kerry Rudman, eienaar van die Brain Harmonics-franchise. “Ons het die tegnologie om die brein uit te nooi om ’n taak uit te voer en dan in real time – ’n tienduisendste van ’n sekonde – terugvoer te gee op hoe dit vaar. Die verbasende is dat die brein dadelik snap wat aangaan en meedoen sodat dit doeltreffender kan funksioneer. Brain Harmonics International Pty is een van die skole van neuroterapie, en almal werk. Brain Harmonics is soos ’n reeks persoonlike oefensessies vir die brein.”

Watter voordele kan neuroterapie inhou?

brain-harmonics-kan-atlete-se-prestasie-verbeter.jpg
  • Die verbetering van prestasie onder mense soos akteurs, atlete, studente of sakelui.

  • Die verbetering van verslawings soos rook en middelmisbruik, breinbeserings, serebrale gestremdheid, chroniese moegheid of pyn, te min energie, slaap- en eetversteurings, epilepsie, hoofpyn en migraines, ’n swak immuunstelsel, angsaanvalle, depressie en onopgeloste emosionele kwessies soos woede of ongelukkigheid

  • Die verbetering van geheueprobleme, aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteitsindroom, outisme, leerprobleme, obsessief-kompulsiewe gedrag en gebrek aan motivering.

  • Dit kan jou help om slegte gewoontes af te skud, rustig te slaap, jou uitkyk, motivering en konsentrasie te verbeter en makliker te fokus op die take waarmee jy besig is. Dit verlig ook depressie en angs.

Hoe werk neuroterapie?

Neuroterapie berus op ’n eenvoudige beginsel: enige aktiwiteit, van slaap tot draf tot toets skryf, word doeltreffender uitgevoer wanneer die breingolfpatroon by die spesifieke bedrywigheid pas. Ons brein produseer onophoudelik golwe van verskillende frekwensies. As ons vas slaap, vervaardig ons meestal stadige delta- en theta-golwe, terwyl die vinniger beta-golwe verskyn wanneer ons ’n ingewikkelde syferprobleem probeer oplos. Ideaal gesproke sou ons brein die regte frekwensies in die regte omstandighede voortbring. Maar dis nie wat gebeur nie. Ons weet almal hoe dit voel as ons lomerig raak wanneer ons op ons stukke in ’n vergadering behoort te wees, of sukkel om ons gedagtes stil te kry wanneer ons wil slaap. In die eerste geval is ons breingolwe te stadig, en in die tweede nie stadig genoeg nie.

Hoekom reageer die brein nie altyd gepas op ‘n situasie nie?

Die probleem lê grootliks by ons vol, vinnige 21ste-eeuse werklikheid. Wetenskaplikes reken die gemiddelde mens het vandag elke sekonde 50 000 eenhede inligting méér om te verwerk as die gemiddelde mens vyftig jaar gelede. Daarby benadeel oormatige stres die breinstruktuur. Meer selle sterf en die aantal verbindings tussen selle verminder. Omgewingsbesoedeling, siektetoestande en sekere vorms van langtermynmedikasie kan ook tot wanbalanse bydra wat verhinder dat ons brein die gepaste golwe vervaardig.

“Die goeie nuus is dat neuroterugvoer die brein kan help om in groter harmonie met lewenseise te funksioneer,” sê Kerry.

Evaluering: ‘n prentjie van jou breinaktiwiteit

Die eerste stap is om ’n volledige prentjie van jou brein te kry. ’n Breinkaart-assessering word met die hulp van ’n EEG-masjien gedoen. Elektrodes op jou kopvel en ore meet jou breingolfaktiwiteit terwyl jy rustig sit en ’n verskeidenheid oefeninge doen met jou oë oop, toe, en deels toe. Die elektriese aktiwiteit van jou brein verskyn op ’n rekenaarskerm en die praktisyn kan die breinpatrone, asook die wanbalanse, vasstel. Terwyl die data verwerk word, kry jy ’n destresbehandeling of ’n visuele speletjie; sommer ’n voorsmakie van hoe die opleiding voel.

Die praktisyn verduidelik wat jou assessering wys. “Ons sien byvoorbeeld wanbalanse soos ’n ‘voor na agter ommekeer’. Dit beteken die stadige dagdroomfrekwensie kom aan die voorkant pleks van die agterkant van jou brein voor. Jy sal uitgeput wees wanneer jy moet konsentreer en dieselfde paragraaf dalk ’n paar keer moet lees.

wawyd-wakker-wanneer-jy-wil-slaap.jpg

Wanneer jy wil gaan slaap, voel jy weer wawyd wakker.

“Ons werk ook met verskillende merkers, soos depressie, aandaggebreksindroomen kompulsief-obsessiewe merkers. Almal hou met die verspreiding van breingolwe verband. Let wel: ons diagnoseer nie neurologiese versteurings nie. Ons verander net wanbalanse waar hulle voorkom. Afhangende van ’n kliënt se doelwitte, soos beter sportprestasie of minder angstigheid, stel ons ’n brain training-plan saam.”

Listen to Lize’s fascinating explanation of Brain Harmonics, and how neurofeedback can help you.

Slim sagteware en beloning

Die neuro-opleiding is daarop afgestem om nuwe, voordeliger neurologiese paadjies in die brein te skep en te vestig. Hiervoor word sagteware met spesiale algoritmes gebruik. Prakties beteken dit jy sit met oorfone voor ’n rekenaar en voer sekere take uit: jy kyk byvoorbeeld na ’n DVD, doen ’n visualisering of voltooi ’n legkaart. Sommige take vereis geen konsentrasie nie en jy kan selfs aan die slaap raak.

“Ons speel jou breingolwe terug in die vorm van kleur en klank,” sê Lize Maritz, Brain Harmonics-praktisyn van Johannesburg. “Die spoed van verskillende breingolwe is as verskillende klanke geprogrammeer - betagolwe word byvoorbeeld kitaarklanke. “Die doel is om jou brein onmiddellike terugvoer te gee en die gewenste golfpatroon te beloon. ’n Bieptoon sal byvoorbeeld aandui jou breingolwe het die verlangde spoed in ’n sekere breinlob bereik. Jou brein assosieer die biep met die verandering, en werk saam om die klank weer en weer te hoor.

“Ons gee nie net belonings nie, maar weerhou dit ook. ’n Kind wat wil leer om beter te fokus se rekenaarskerm sal byvoorbeeld dof raak wanneer die breingolfpatroon nie optimaal is nie. Dit voorkom dat hy verder met sy rekenaarspeletjie kan vorder. Die brein besef dadelik wat aan die gang is en vervaardig golwe wat die saak regstel.

“Die praktisyn monitor die hele proses sodat die brein dikwels genoeg beloon word om betrokke te bly. Nes ’n spier wat geoefen word, word die brein deur die opleiding versterk. Daarna kan dit vinniger en meer in pas met ’n gegewe situasie reageer.”

Die vaslegging van nuwe neurobane

“Die uitdaging is om die nuwe neuropaadjies vas te lê sodat die verandering permanent is,” sê Kerry. “Daarvoor gebruik ons intensiewe opleidingsessies of intensives. Nuwe paadjies bly gewoonlik 24 tot 48 uur aktief; daarna neem die ou paadjies weer oor. Intensives behels opleidingsessies van twee tot vier uur elk, met ’n gemiddeld van 12 tot 20 uur, binne sewe tot tien dae. Kinders onder twaalf kry korter sessies.

“Dis harde werk om die nuwe paadjies te skep; jou brein het laas teen hierdie tempo verander toe jy vyf of ses was. Kliënte se gewilligheid om aktief aan die proses deel te neem is beduidend vir ’n suksesvolle uitkoms.

met-brain-training-moet-jy-baie-water-drink.jpg

Hulle moet genoeg slaap en tydens die opleiding plus drie weke daarna baie water drink, proteïenryke kos eet en omega-olies drink.

Lize Maritz used to be a neurofeedback practitioner working at Brain Harmonics. She no longer does this, but you can still email her at lize.maritz3@gmail.com and she’ll refer you to a colleague.

Brain Harmonics has offices in Johannesburg, Midrand, Pretoria and Cape Town. Practitioners travel to Durban and Polokwane when needed. Arrangements can be made to accommodate clients in other parts of South Africa.

Tel. 076 4343 252

Website: www.brainharmonics.co.za

Facebook: Brain HarmonicsHulle moet verfynde suiker, alkohol, kafeïen, kitskos en ontspanningsdwelms vermy omdat dit die delikate, nuwe neuropaadjies kan beskadig.

“Ná drie weke evalueer ons die kliënt. As die paadjies nie volkome gevestig is nie, doen ons ‘n aanvulling of top-up van twee tot vier uur. Sowat tagtig persent van ons kliënte het daarna nie weer ons hulp nodig nie terwyl ander kan terugval. Nog ’n aanvulling stel die saak gewoonlik reg. Ons raai mense aan om hulle jaarliks te laat toets, nes jy jaarliks ginekoloog toe gaan. ’n Spannende werksituasie, fisieke of emosionele geweld of ander trauma kan jou laat terugval. Dit gebeur veral met mense wat baie alkohol, dwelmmiddels of medikasie gebruik het, of by wie ’n ernstige toestand soos bipolêre siekte gediagnoseer is.”

Is Brain Harmonics veilig?

“Ja, dis nie-indringend, pynvry en veilig vir alle ouderdomme. Dit kan nie jou persoonlikheid verander nie. Jy hoef ook nie hard te probeer om die proses te laat slaag nie; jou brein kry die nodige terugvoer en beweeg in die verlangde rigting.

“Neuro-opleiding kan wel pynlike herinneringe of emosionele ongemak na vore bring, maar dis deel van die groei- en helingsproses. Soms ervaar mense lighoofdigheid, ligsensitiwiteit, hoofpyn of moegheid ná ’n sessie. Ander voel weer asof hulle ’n energie-inspuiting gehad het.

“Soms het kliënte minder van hul voorgeskrewe medisyne nodig namate die brein meer balans bereik. Ons beleid is dat hul dokters die saak hanteer.

“Brain Harmonics kan jou help om slegte gewoontes af te skud, rustig te slaap, jou uitkyk, motivering en konsentrasie te verbeter en makliker te fokus op die take waarmee jy besig is. Dit verlig ook depressie en angs. Die breine van die meeste mense is gewillig en gelukkig om opgelei te word – met uitstekende gevolge!”

Need more information about Lize and her practice? Here you go.

Kontakdetail:

Brain Harmonics het kantore in Kaapstad, Midrand, Johannesburg en Pretoria. Praktisyns reis na Durban, Polokwane en ander dele van Suid-Afrika op aanvraag: 076 4343 252 of brainharmonics@gmail.com

Facebook: Brain Harmonics

Twitter:  @brainharmonics

Webwerf: www.brainharmonics.co.za

Lize Maritz werk nie meer as ‘n Brain Harmonics-praktisyn nie, maar e-pos gerus vir Kerry Rudman by brainharmonics@gmail.com

Let wel: Hierdie artikel is oorspronklik geskryf vir rooi rose, en was ook op www.rooirose.co.za

Hooffoto: Pexels

Ander foto’s: Unsplash




Previous
Previous

Is jy bloot sensitief, of ‘n “empath”?

Next
Next

Hanteer kommunikasie en konflik só vir ‘n beter verhouding