Hanteer kommunikasie en konflik só vir ‘n beter verhouding
As ons weet hoe om verstaanbaar te kommunikeer, rusies te voorkom en meningsverskille uit te sorteer, versterk dit die liefdesband. Maar hoe doen ons dit? Opvoedkundige sielkundige Anys Rossouw gee raad oor sake soos goeie tydsberekening, die waarde van humor, en die vermoë om jou emosies, behoeftes en verwagtings doeltreffend uit te druk.
Your browser doesn't support HTML5 audio
Dié podsending is tydens die eerste weke van inperking of lockdown in 2020 opgeneem, maar Anys se insigte bly 100% toepaslik.
In die gesprek verduidelik Anys
*wanneer om nié te baklei nie
*hoe om die fokus te verskuif van wie “reg” is na ‘n moontlike oplossing
*wat die 90/10 beginsel behels.
Lees wat Anys oor haar lewe, haar vreugdes en haar verhouding met haar man sê.
Anys gee praktiese wenke oor hoe om jou jong kind tuis besig te hou terwyl jy sommer ook daardie kreatiwiteit en ander vaardighede ontwikkel.
Kontakdetail:
Anys Rossouw is ‘n opvoedkundige sielkundige met ‘n privaatpraktyk in Pretoria: tel. 012 460 7366 of anys@anys.co.za
Let wel: Dié podsending is oorspronklik uitgesaai op Tussen Ons op rrRADIO, die podsendingskanaal van rooi rose.
Musiek deur Mart-Marie Snyman
Hooffoto: Unsplash
Foto van Anys Rossouw: verskaf