Philip Liebenberg: ouer word, identiteitsvorming, afhanklikheid en begeerlikheid
Verliese gekoppel aan ouer word - byvoorbeeld van liggaamskrag, ‘n jeugdige voorkoms, verhoudings, onafhanklikheid en werkstatus & -relevansie - dwing ons om ons identiteit aan te pas. Skrywer, spreker en spirituele begeleier Philip Liebenberg gesels oor kopskuiwe wat dit makliker kan maak, hoe om liggaamlikheid van binne te beleef, en hoe om steeds begeerlik te voel.
As podsendings vir jou nuwe terrein is, kan jy op die pyltjie klik om na Philip en Mariette te luister, of op die aflaaiknoppie (download button) om die gesprek op jou rekenaar, tablet of selfoon te stoor en te luister wanneer dit jou pas.
In episode 213 van die weeklikse reeks Calm, Clear & Helpful, praat skrywer, spreker en spirituele begeleier Philip Liebenberg oor
hoekom jeugdigheid in ons samelewing as die ideaal voorgehou word
ervarings eie aan ouer word soos die verlange na kinders wat oorsee bly, die vrees om irrelevant te raak, veranderinge in voorkoms, afname in liggaamskrag of vereensaming
aspekte van ons identiteit soos die fisieke, die intellek of geestelike ontwikkeling
of die liggaamlike, “jou voertuig, voeltuig, spreektuig en vattuig,” werklik belangrik is
hoe aspekte soos hoe ons lyk, hoeveel energie ons het, hoe vaardig ons is en wat ons kan doen mettertyd kan verander na ‘wie ek is’
of dit goed is om op jou swak punte te fokus
of die seksuele aan jonger mense behoort
wanneer jy nie meer mooi voel nie
die vrees om fisiek, finansieel of andersins jou afhanklikheid in te boet
om die stilte te skep waar jonger mense rus kan vind en mag wees wie hulle is.
Philip noem die volgende aanhaling: “Verliefdheid het min te doen met pigmentasie van die vel; dit het baie te doen met die teenwoordigheid van daardie vel en velkontak tussen mense.”
Luister ook na Philip se insigte in die hantering van verandering, soos verhuising, onvoorspelbaarheid en teleurstellings.
Lees ook ‘n artikel waarin Philip 8 persoonlike vrae beantwoord, met foto’s.
Klik op “Home” hierbo en kyk gerus watter van die artikels en potgooie oor liefdesverhoudings, ouerskap, emosionele en fisieke gesondheid en persoonlike groei jou aandag trek!
Meer oor Philip, insluitend kontakbesonderhede
Philip Liebenberg is ‘n spreker, huweliksbevestiger, skrywer asook hoofspreker en spirituele begeleier by Renaissance Gemeenskap, Pretoria. Hy bied begeleiding, skryf boeke en artikels, bied lesings aan en lewer praatjies. Hy bevestig gay sowel as heteroseksuele pare in die huwelik.
Philip is die gasheer van ‘n gesprekskanaal, “Tweerigting met Philip Liebenberg,” op Youtube: https://www.youtube.com/results?search_query=philip+liebenberg
LinkedIn: Philip Liebenberg
Facebook: Philip Liebenberg
Boeke:
“Daar's 'n Gay Pastoor in my Kop” (Penguin, 2008)
“Aikôna Moses! Mag ek van die Bybel verskil oor vroue en gays?” (Boekemakranka, 2014)
“28 Superstitions in Christianity” (Naledi, 2020)
Hoe gee ons sin aan ouer word? Dr. Johan Myburg praat oor hoe om jouself en jou werklikheid oop-oog te benader, “aanhou beweeg en geraas maak” en identiteit.
Here’s Prof. Jaco Hoffman’s take on retirement, ageism and intergenerational programming.
Oorspronklike musiek deur Mart-Marie Snyman
Hooffoto: Pexels
Foto van Philip Liebenberg: verskaf